Local newsNews

Maryka- weg maar nooit vergete

Hulle het vir haar ’n ‘wall of remembrance’ gemaak, met briefies in hartjies, in ’n ‘M’ vorm. Ook met ’n foto, en almal wat hier verby ry sal haar onthou.

Vir die Bezuidenhout-gesin was hierdie afgelope week ’n baie moeilike een.

Nie net is dit bietjie meer as vier maande na die skielike afsterwe van Maryka Bezuidenhout nie, maar sy sou op 3 Junie haar 32ste verjaarsdag gevier het. Haar gesin het op dié dag, haar eerste Hemelse verjaarsdag herdenk, in een van die mooiste maniere denkbaar.

Hulle het vir haar ’n ‘wall of remembrance’ gemaak, met briefies in hartjies, in ’n ‘M’ vorm. Ook met ’n foto, en almal wat hier verby ry sal haar onthou.

Dit is opgerig waar die ongeluk min of meer gebeur het, het Winny Bezuidenhout, Maryka se suster gesê.

Sy het bygevoeg: “Een van Maryks se favourite quotes was: ‘she who lewaves a trail of glitter is never forgotten’. Ons sal haar nooit vergeet nie, sy los ’n groot leemte in ons almal se lewens. Ons mis haar elke dag.”

Kapt. Awie Geldenhuis van die Witbank Polisie in wie se geselskap Maryka was die dag van haar dood, se dienste is onlangs opgeskort by die stasie en is steeds nie weer hervat nie. Brig. Leonard Hlathi, provinsiale woordvoerder van die polisie kon nie bereik word teen druktyd nie.

Winny het vir Maryka ’n brief of Facebook geskryf: “Baie geluk met jou verjaarsdag my sussie. Vandag het so anders afgespeel in my gedagtes. Ons sou jou celebrate soos soveel keer tevore. Saam met jou. Vandag was hartverskeurend, trane vloei vrylik oor my wange, jy was nie daar nie. Vandag het reality my onkant gevang. Jy is nie meer hier nie. Gaan dit ooit real voel? Gaan dit ooit insink? Ek mis jou so ongelooflik baie. Ek soek jou in alles, elke liedjie wat ek luister, orals waar ek ry, in jou pop se glimlag. Jy is orals, maar ek kan jou nie vashou nie. Memories. Dis al wat ek oor het. Memories. Ek wens vir meer, ek wens vir jou. My sus, mag jou celebrations by ons Hemelse Vader al jou verwagtinge oortref en mag jou glitter daar net so skitter soos dit altyd sal in ons almal se lewens. Ek mis jou my sus. Sien jou in my drome. xxxx.”

Medelye vir Maryka het ook ingestroom op sosiale media.

LEES: ‘Hoe is ons dogter dood op die N11?’ https://www.citizen.co.za/witbank-news/120258/hoe-ons-dogter-dood-op-die-n11/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button