Ahooi! Kom kuier saam van vandag af
Kinders onderneem ʼn bootreis deur die Bybel en leer op ʼn spelende wyse oor belangrike bote wat vir ons wys dat God groter as die golwe is!

Die Nederduitsch Hervormde Kerk Suidoos-gemeente bied ʼn vakansieprogram vir laerskoolkinders aan.
Die program begin op Maandag 1 Julie en sal duur tot Vrydag 5 Julie.
Kinders onderneem ʼn bootreis deur die Bybel en leer op ʼn spelende wyse oor belangrike bote wat vir ons wys dat God groter as die golwe is!
Enige graad R tot 7 kinders is welkom. Dit kos R150 vir die week of R30 per dag as jou kind net een of twee dae wil kom.
Sessies is van 09:00 tot 12:00 en sluit iets om te eet en alle materiaal vir die program in.
Kinders raak kreatief en gaan heerlik leer en speel saam met mekaar.
Om jou kind se plek te bespreek, skakel Malinda Swanepoel: 083 722 0929 of ds. Retha Losper: 072 634 1259.