Local newsNews

Waar is Wimpie?

Hy is op 29 Mei 2019 laaste gesien toe hy saam met sy stiefma gaan geld trek het om 07.00 die oggend

Die 37-jarige Wimpie Bekker is as vermis aangemeld.

Hy is op 29 Mei 2019 laaste gesien toe hy saam met sy stiefma gaan geld trek het om 07.00 die oggend.

Hyt vir sy stiefma gesê hy gaan daarna Binnelandse Sake toe om aansoek te gaan doen vir ʼn nuwe ID dokument omdat sy ou een verlore geraak het. Ongelukkig is Wimpie nie weer daarna gesien nie.

Die klere wat hy ten tyde van sy verdwyning gedra het, is ’n wit hemp, swart langbroek, blou baadjie met ’n ‘Komatsu’ logo daarop en veiligheidskoene.

Wimpie is om en by 1,6 meter lank, weeg 70 kilogram, het bruin oë en swart hare en hy het ook ’n kenmerkende oorbel aan sy regteroor.

As enigiemand dalk informasie het oor waar hy kan wees, kan hul gerus die volgende nommers skakel: Witbank SAPD by 013 655 5105, kpt. Masango by 079 551 2708 of Maureen Scheepers van “SACCW missing person’s unit” by 082 565 6770.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button