Local newsNews

#HelpHetta-projek skop af

Borg ’n produkpakkie om behoeftige meisies te help

Daar is duisende meisies wat nie higiëne-produkte kan bekostig nie.

Solidariteit Helpende Hand se #HelpHetta-projek verskaf sanitêre ware aan meer as 3 200 skoolmeisies in ongeveer 110 skole regoor die land.

Helpende Hand hoofkantoor voorsien elke meisie drie maal ’n jaar van ’n Hetta-pakkie, terwyl Helpende Hand se landswye vrywilliger-takke deurlopend produkte in hul gemeenskappe insamel en dit aan die Hetta-skole versprei.

Jy kan help om bystand te bied aan 3 000 meisies, wat nie fondse vir persoonlike higiëne-produkte het nie.

Borg ’n produkpakkie om behoeftige meisies te help.

Word deel van hierdie beweging en koop ’n produkpakkie van slegs R80 vir die meisies.

Die waarde van die pakkie is R170.

Dié persoonlike produksorgpakkies is landswyd beskikbaar by jou naaste Placecol Skin Care.

Hier in eMalahleni is die vriendelike Susan Pheiffer en haar personeel by Placecol Ben Fleur slaggereed om die projek saam met jou aan te pak.

Die oorhandiging van produkte sal op Vrydag 20 September plaasvind.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button