Local newsNews
Vuil buurt nie vir Jackaroopark
Hul skoonmaakprojek het die afgelope Saterdag 29 Junie afgeskop
Die buurtwaglede van Jackaroopark het besluit om hul buurt bietjie op te ruim.
Hul skoonmaakprojek het die afgelope Saterdag 29 Junie afgeskop en hulle beplan om binne die volgende vyf weke elke week skoon te maak.
Linda Vorster, die administratiewe dame het vertel dat hulle dit doen om die strate en die buurt net beter te laat lyk.
“Eileenstraat is een van die langste strate en toe ons klaar is, het dit regtig soveel beter gelyk. Ons herwin ook sommer in die proses,” het sy gesê.
Sy het gesê dat hulle die ander buurte uitdaag om ook in te spring en hul deel te doen in hul afsonderlike buurte.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
