Stank van riool jaag kliënte weg
Hierdie gemors loop van ons sypaadjie tot by die stormdrein en van daar af reg in die dam in

Asof die nasionale inperking nie besighede genoeg laat ly nie, moet ’n plaaslike besigheid daagliks die riool aanskou en ruik terwyl klagtes aan die munisipaliteit op dowe ore val.
Op 15 Julie het ’n moedelose besigheidseienaar vir die soveelste keer ’n hulpkreet aan beide die munisipaliteit en WITBANK NUUS gerig nadat riool glo vir weke voor die pad, verby sy besigheid vloei.
“Hierdie gemors loop van ons sypaadjie tot by die stormdrein en van daar af reg in die dam in,” het die eienaar aan WITBANK NUUS vertel.
WITBANK NUUS het aan die woordvoerder van die munisipaliteit, mnr. Lebo Mofokeng die probleem uitgewys en het hy gesê dat ’n span aan die werk is om die probleem binnekort op te los.
