Local newsNews

(Video) Droomhuis in vlamme

Die South African Community Crime Watch Fire and Rescue is na die toneel ontbied om die vuur te blus

Drome van ’n huiseienaar het saam met sy huis in vlamme opgegaan, terwyl hy besig was met opknappingswerk aan die huis.

Die grasdakhuis het Vrydag, 31 Julie skielik vlam gevat in Modelpark en binne minute het die dak gegloei soos die vuurtonge versprei het.

Die eienaar het op die toneel aan WITBANK NUUS vertel dat hy nou onlangs die eiendom gekoop het en al ’n paar duisend bestee het aan opknappingswerk.

Die South African Community Crime Watch Fire and Rescue is na die toneel ontbied om die vuur te blus.

LEES DIE VOLLE BERIG IN VOLGENDE WEEK SE UITGAWE VAN WITBANK NUUS

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button