Terence wil Lachlan ’n ‘drukkie’ gee
Die wenner van die kragmeting sal die beste armdrukker in die suidelike halfrond wees
eMalahleni se eie armdruk kampioen, Terence Opperman, het Australië se armdruk-koning, Lachlan Adair, uitgedaag vir ’n ‘drukkie’.
Hierdie kragmeting is vir beide baie belangrik, want die wenner hiervan sal die kroon dra as die beste armdrukker in die Suidelike Halfrond.
Die enigste hindernis is natuurlik Covid.
Video hier: Terence Opperman daag Lachlan Adair uit vir ’n kragmeting.
Oor die baie streng maatreëls in plek sal Terence eers twee weke lank in sy hotelkamer moet deurbring as deel van die isolasie-proses.
In dié twee weke verloor hy waardevolle oefensessies.
“Ek glo dat God ’n plan het met alles. As dit Sy wil is sal ek teen Lachlan druk,” het Terence nederig gesê.
Lees die week meer oor die kragmeting in WITBANK NUUS.
Deel jou nuuswenke met ons via:
Telefoon: 013 656 2490
WhatsApp: 060 866 8682
Epos: wtbnews@mweb.co.za
Of volg ons op WITBANK NUUS se sosiale platforms:
