Hengelaars van oraloor kom die naweek by Maanlig Oord lyne natmaak in nasionale kompetisie
Die naweek gaan ’n ‘visnet’ van bedrywighede wees wanneer die hengelaars gaan katrol in die nasionale Swartbaars hengelkompetisie.

Hierdie komende naweek gaan 72 ywerige hengelaars dit uitspook in die nasionale Swartbaars hengelkompetisie wat by Maanlig Oord aangebied word.
Spanne van Gauteng, KwaZulu-Natal, Laeveld en Wes-Kaap gaan dit Vrydag, 9 September tot Sondag, 11 September langs die viswater uitspook.
“Daar gaan net Swartbaars gevang word,” het mnr. Ettiene Griesel, president van die South African Bass Angling Association (SABAA), gesê.
Hy het gesê dat die vis gevang word, afgeneem en gemeet word en dan in die dam teruggesit word.
Die totale lengte van vyf vis per dag word oor twee dae gemeet en so word die wenners bepaal.
“Witbank Dam is een van die mees populêre damme om Swartbaars te vang,” was Ettiene se woorde.
Die jongste hengelaar die naweek is maar net 17 jaar oud en die oudste 76 jaar oud.
Die oord is steeds oop vir kampers en dagbesoekers ‒ kom maak gerus ’n draai en sien hoe die ywerige hengelaars dit uitspook.
Deel jou nuusbrokkies met ons: Telefoon: 013 656 2490 Epos: info@witbanknews.co.za
Of volg ons op sosiale media platforms Instagram Twitter Witbank News App Facebook page Witbank News Breaking
