Local newsNews

Inwoner wat ring verloor vind dit sommer reg by haar huis

Anita het sover gegaan as om die rakke by die inkopiesentrum deur te gaan op soek na haar ring.

Anita Conradie se gebede dat iemand tog net haar trouring wat sy verloor het moet vind, is verhoor.

Na ’n behoorlike soektog en pleidooie op sosiale media het Anita die ring Woensdag, 10 Mei in die plaveisel van die oprit na hul huis gevind.

Dit blyk dat die ring, wat bietjie los gesit het, afgeval en onder die kar se wiel beland het.

Die ring was basies in ’n gleuf tussen die plaveisel ingery.

Anita het die ring Saterdag, 6 Mei verloor en toe sy agterkom het sy haar spore vir die dag teruggevat na oral waar sy was.

Volgens Anita was die laaste keer wat hulle haar ring gesien het by O’Grady’s Paint in Oppermanstraat, Klipfontein.

“Ons het teruggegaan en op die CCTV kameras gaan kyk vir die ring wat dalk daar verlore geraak het, maar ek kon duidelik sien dat die ring nog op my vinger was toe ek terug in die kar geklim het,” het Anita gesê.

Die ring nadat Anita hom in die oprit by haar huis gevind het.

 

Anita het van daar af na die OK-sentrum gegaan in Steenkampstraat, Klipfontein vir nog inkopies. “Ons was al in ʼn paar winkels gewees by die sentrum daardie dag en het selfs tussen die rakke gaan soek,” het Anita bygelas.

Anita sê dat hulle ook op al die CCTV kamerastelsels van die verskeie winkels gaan kyk het vir die ring

“Die ring is meer as geld werd en sou nie vervang kan word nie. Daar is baie sentimentele waarde aan die ring,” het Anita gesê.

Anita het gesê dat as mense die storie agter die verlowing en troue geweet het dan sal hulle verstaan dat nie eers die versekering die ring sal kan vervang nie.

Anita sê sy is so dankbaar vir die winkelbestuur wat haar gehelp soek het op hul kamerasisteme. “Dankie vir almal wat help soek het, ek waardeer dit opreg.”

 

Het jy ’n storie om te vertel?

Stuur vir ons ’n epos na [email protected] of bel ons by 013 656 2490

HET JY GEWEET?

Kliek op die woorde wat in kleur uitgelig is om meer te lees oor verwante temas.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button