Local newsNewsSport

Gholfspelers sê totsiens voor gholf-maat eMalahleni verruil vir die mooie Kaap

’n Laaste rondte is ingewerk alvorens Johan en Martie aftree.

Die stokke is onlangs geswaai op die gholfbaan om vir ’n vriend tot weersiens te sê.

Mnr. Johan Grobler wat as besigheidsman verskeie vulstasies en bande plekke bedryf het, se vriende het vir hom ’n heerlike laaste rondte gholf op Witbank Gholfbaan gereël.

Dié is op 29 Mei gespeel.

Johan en sy vrou, Martie trek George toe.

Martie tree na 15 jaar af as onderhoof by Laerskool Reynorif.

“Ons wens julle ’n baie voorspoedige en gelukkige aftrede toe in George,” het Johan se gholfmaters gesê.

Hulle bedank ook vir Charl de Witt vir sy bydrae om die dag ’n sukses te maak.

Het jy ’n storie om te vertel?

Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490

HET JY GEWEET?

Kliek op die woorde wat in kleur uitgelig is om meer te lees oor verwante temas.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Check Also
Close
Back to top button