Local newsNews

Rower maak vrou vas, terwyl ander skootrekenaars steel

Die eienaar van die besigheid het net oopgesluit en die perseel binnegegaan toe daar ewe skielik ’n gewapende man in die deur staan .

Rowers laat hulle nie eens afsit deur die erge koue die afgelope paar dae nie en besighede moet heeldag op die uitkyk wees vir gewapende rowers.
Drie besighede het onlangs ’n stel afgetrap toe hulle teikens was.
In die eerste geval het twee rowers helder oordag ’n skoonheidswinkel in ’n bekende inkopiesentrum geteiken op 30 Junie.
Die eienaar van die besigheid het net oopgesluit en die perseel binnegegaan toe daar ewe skielik ’n gewapende man in die deur staan.

Die onbekende man het sy vuurwapen op die besigheidseienaar gerig en haar beveel om haar samewerking te gee.

Hy het haar toe gelei na die kombuisarea en vasgemaak.
Die rower het aan die eienaar gevra waar die kluis is en het op die oopsluitkode aangedring.

Terwyl die rower in die kluis besig was, het ’n tweede rower skootrekenaars in ’n sak gedruk.

Die twee het gevlug in ’n Toyota-voertuig. Geen ernstige beserings is opgedoen nie.
In ’n tweede geval is ’n winkel in Voortrekkerstraat geroof.

Die ooggetuie het gesê dat hy buite die winkel se ingang gestaan het toe die rooftog plaasgevind het.

Volgens die ooggetuie het twee onbekende mans wat in ’n Chevrolet-bakkie sonder nommerplate daar gestop het, die besigheid ingegaan.

Beide mans het vuurwapens gehad waarmee hulle die winkelbestuurder gedreig het.

Die rowers is by die besigheid weg met ’n onbekende bedrag geld en items. Die rooftog het op 2 Julie plaasgevind.
In die derde geval het twee rowers gemaak asof hulle kliënte is by ’n klerewinkel op 1 Julie.

Die besigheid in Walter Sisulustraat was besig om toe te maak vir die dag en te wag vir die laaste kliënte om hul inkopies te doen. ’n Onbekende man en ’n onbekende vrou wat as kliënte voorgekom het, het ’n vloer-assistent genader om hulp en toe ’n wapen op haar gerig.

Die onbekende man het die assistent gedreig met die vuurwapen en daarop aangedring dat hy die kontant in die kasregisters wil hê.

Die man en vrou het toe aan die werkers gesê om plat op die grond te gaan lê en het te voet gevlug.

Die rowers is weg met klere en ’n onbekende bedrag kontant.

Het jy ’n storie om te vertel?

Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490

  • Vir meer brekende- en gemeenskapsnuus, besoek gerus ons webtuiste: www.witbanknews.co.za
  • Jy kan ons ook volg op sosiale media platforms: Facebook Twitterof Instagram

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button