Local newsNews

Sterte swaai soos die sente inrol by plaaslike DBV se fondsinsameling

Die Diere Beskerming Vereniging het nog steeds hulp nodig. As jy wil help bel gerus 013 650 2321.

Die fondsinsameling inisiatief wat die afgelope naweek by die Dierebeskermingsvereniging (DBV) plaasgevind het, was ‘n blaffende sukses.

Lekker lewendige optredes van plaaslike sangers en kleurvolle stalletjies het die atmosfeer ‘n heerlike kuier Saterdag 26 Augustus geskep.

Pauline Potgieter.
Michell Petzer.

Entrepreneurs het ietsie van alles ten toon gestel, van tuisgebak tot die mooiste kussings, voorskote, bedsokkies en natuurlik produkte vir die viervoetige ‘kinders’.

Sien die video hier – so het almal lekker saamgekuier by die plaaslike DBV se pretdag op 26 Augustus. 

Die idée vir die fondsinsameling is ‘gebore’ kort nadat die WITBANK NUUS berig het oor die nood by die instansie.

 

Joey Taljaard.
Yolande Kemp-Bezuidenhout en Pieter Bezuidenhout.

“Ons het R2 800 ingesamel,” het die organiseerders van die dag Joey Taljaard en Michell Petzer gesê.

Lana Ferries-Scott.
Mariana Boshoff.

Syfers wat deur die DBV bekend gemaak is, wys hoe nodig fondse is.

In die afgelope finansiële jaar het die vereniging 2 510 diere in hulle sorg gehad waarvan net 351 aangeneem is.

Willie Venter.

Die geboue het dringend ’n lagie verf nodig en die omheining moet ook vervang word.

Keshnie Pillay.

“Hierdie was die lekkerste dag. Die weer het mooi saamgespeel en ons het baie pret gehad,” het een van die uitstallers Yolande Kemp-Bezuidenhout gesê.

Yolanda Coetser.

As jy betrokke wil raak en help om die las te verlig kan jy die DBV bel by 013 650 2321.

Wat is jou opinie?

Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490

HET JY GEWEET?

Kliek op die woorde wat in kleur uitgelig is om meer te lees oor verwante temas.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Check Also
Close
Back to top button