Local newsNews

Ga-Nala mesdood-hofsaak begin van voor af in September

“Ek is so bang ek vergeet die klein dingetjies van my liefling-seun.”

Vir Santie Radley begin die seer staptog deur rou wonde weer dié maand wanneer haar seun se mesdood-moordsaak oor begin.

Die mesdood-hofsaak van Johan Fourie word van vooraf gedoen omdat die vorige landdros die saak uitgestel het omdat die verdediging aangedring het op ’n nuwe landdros.

 


Die landdros wat oorneem by Andreas Mastoroudes is Victor Ball van Evander.


“Wat doen ’n ma as sy so woedend is as sy huil en die grootste ondenkbare hartseer verlies moet ervaar? Sy twyfel en glo in niks meer nie, want sy weet sy het ’n kneushou weg wat groter is as wat ’n mens kan dra,” het Radley gesê.


Wanneer sy oor die gebeure praat wat hulle lewe op 1 Mei 2019 onherroeplik verander het, skeur die hartseer deur haar oë.


“Daardie aand het ’n deel van my gesterf.”


Fourie het daardie aand 23:30 by die geriefswinkel by ’n plaaslike garage gestop om iets te koop.

Videomateriaal wys ’n onderonsie tussen Fourie en nog ’n bestuurder wat voor hom gestop het.

Die materiaal wys ook hoe Fourie en die ander bestuurder handskud.

Dan stop ’n wit Volkswagen Polo op die toneel en dinge neem ’n drastiese wending.


David Mokoena wat saam met Fourie gewerk het, het gesien hoe die mans in die Polo stop, uitklim en met Fourie begin baklei.

Hy het probeer om sy vriend te beskerm deur oor hom te buk.

Mokoena is sewe keer raak gesteek tydens die voorval.

Fourie is tydens die bakleiery noodlottig gewond.


Kort na die moord is drie verdagtes gearresteer.


Die verhoor begin weer op 28 September.

Wat is jou opinie?

Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490
Vir meer brekende- en gemeenskapsnuus, besoek gerus ons webtuiste.

• Jy kan ons ook volg op sosiale media platforms: Facebook,   Twitter of Instagram

HET JY GEWEET?

Kliek op die woorde wat in kleur uitgelig is om meer te lees oor verwante temas.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button