Local newsNews

Bome geplant en diere gevoed deur VF Plus by Witbank DBV

Raadslede bederf diere by DBV en plant ’n boom.

Raadslede van die Vryheidsfront Plus het tydens hulle boomplant maand-projek by die Dierebeskermingsvereniging (DBV) ingeloer op lentedag en ’n boom gaan plant en ook die diere bederf met benodighede.

Leon Viviers van die Vryheidsfront Plus het gesê dat die inisiatief baie belangrik is.

“Die VF Plus ondersteun boomplantdag en hierdie jaar is die Vanwykshout die boom van die jaar. Ons het besluit dat ons graag wil bydra tot die natuur en selfs die DBV kom ondersteun wat baie ondersteuning benodig. Ek dink om hierdie boom te plant en kos te skenk, is ’n goeie manier om hulle te ondersteun,” het Leon ten slotte gesê.

AfriForum, Solidariteit en Solidariteit Helpende Hand het vanjaar 2 530 bome geplant waarvan 500 in die laaste week van Augustus geplant is.

“Deur inheemse bome te plant, bewaar ons nie net ons omgewing en maak dit ’n mooier plek om in te bly nie, maar wys ons ook dat ons hoop vir die toekoms het. Bome is veel meer as bloot ’n belangrike deel van die eko-stelsel of ’n noodsaaklike natuurlike hulpbron – bome is simbolies van lewe,” het Lambert de Klerk, AfriForum se omgewingsakebestuurder gesê.

 

Het jy ’n storie om te vertel?

Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490

· Vir meer brekende- en gemeenskapsnuus, besoek gerus ons webtuiste: www.witbanknews.co.za

· Jy kan ons ook volg op sosiale media platforms: Facebook Twitter of Instagram

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button