Local newsNews

Bankenveld Gholfklub aand-gholf eindig in pret en plesier

Bankenveld Gholfklub geniet ’n aand van gholf en musiek.

Bankenvelders is plesierig, dit kan julle weer sê.

Al het die verskriklike storm hulle spel vertraag, het dit hulle nie verhoed om die aand by die klubhuis te geniet nie.

Ongelukkig mag hulle nie gholf speel as daar weerlig is nie, want ’n metaal gholfstok is sekerlik ’n baie goeie weerlig-geleier en die reëls is daar om dit te voorkom dat iemand hul eie persoonlike blitsflits word.

Op Vrydag, 23 Februarie het hulle beplan om 16:00 te begin met die gholf, maar die weer het ander planne gehad.

Teen 20:30 kon hulle nog steeds nie speel nie as gevolg van die weerlig, maar die spelers en hulle gesinne het nie laat dit hulle plesier demp nie.

Die reuk van heerlike boerewors, pap en smoor het in die lug gehang.

Musiek binne in die klubhuis saam met terg-praatjies en die lekker saamlag het die weerlig heeltemal uitgedoof terwyl die spelers rustig gewag het vir die storm om te gaan lê.

Die mans was bestem om te speel, kom hel of hoogwater en teen 21:00 het hulle uiteindelik hul kans gekry om te begin speel.

Het jy ’n storie om te vertel?

Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490

  • Vir meer brekende- en gemeenskapsnuus, besoek gerus ons webtuiste: www.witbanknews.co.za
  • Jy kan ons ook volg op sosiale media platforms: Facebook Twitter of Instagram

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button