CrimeLocal newsNews

Verskeie dwelms en selfs skilpadjies gekonfiskeer

Dagga en skilpadjies gekonfiskeer na urelange ondersoek

Na ’n nege-ure-lange samewerkingsoperasie in eMalahleni, is hande vol van verskeie tipes dwelms, dagga plantjies en selfs twee skilpadjies gekonfiskeer in Springvalley informele nedersetting.

Op Vrydag, 24 Mei ná ure van leidrade opvolg en samewerking tussen Q77, SACCW en die taxi vereniging, het hulle op ’n huis afgekom in Springvalley waar hulle die dwelms en skilpadjies gekry het.

Die dwelms, skilpadjies en dagga plantjies is gekonfiskeer en is die verdagtes by die huis gearresteer.

Dit is teen die wet om skilpaaie aan te hou as troeteldiere en dikwels lei hulle baie skade as troeteldiere, want hulle kry nie die regte kos nie en kan ook nie natuurlik aanteel nie.

“Saam kan en sal ons ’n verskil maak in ons dorp,” het SACCW lid, Frik van Dyk, gesê.

 

“Die verdagte is op die toneel arresteer en wag om in die hof te verskyn,” het polisiewoorvoerder kaptein Eddie Hall bevestig.

 

Het jy ’n storie om te vertel?

Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490

  • Vir meer brekende- en gemeenskapsnuus, besoek gerus ons webtuiste: www.witbanknews.co.za
  • Jy kan ons ook volg op sosiale media platforms: Facebook Twitter of Instagram

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button