CrimeLocal newsNews

Skoonsuster se saak weer uitgestel

Melissa Vice het vanoggend weer in die eMalahleni-landdroshof verskyn. Die saak is uitgestel.

Die vrou wat daarvan beskuldig word dat sy haar swaer vermoor het, het vanoggend weer in die eMalahleni-landdroshof verskyn.


Melissa Vice het vlugtig in die beskuldigdebank gestaan waarna die saak tot 21 Augustus in die streekhof uitgestel is.


Die moord wat op 16 Desember plaasgevind het, het ’n opskudding veroorsaak toe die oorledene se skoonsuster net dae na die voorval in hegtenis geneem is.

LEES MEER HIER Verdagte gearresteer op moord van man wie se lyk in Seekoeiwater gevind is


Die hof het later gehoor hoe Vice die slagoffer, Willie Visser, by ’n plaaslike winkelsentrum opgetel en toe ’n ruk lank met hom in Hoëveldpark rondgery het.


Sy het toe na die Seekoeiwater-area gery en naby ’n substasie gestop waar sy hom na bewering met ’n serp verwurg het.

LEES MEER HIER Vermoorde man se skoonsuster in die hof


Sy het hom ook blykbaar met ’n voorwerp teen die kop geslaan voordat sy, sy liggaam uit die bakkie getrek en in die veld agtergelaat het.


Intussen het Visser se familie na hom gesoek.

LEES  MEER HIER Skoonsus gaan in Junie in die streekhof verskyn


Visser se ma, Kariena Visser, het gesê dat Vice self gehelp soek het na Visser en nadat sy liggaam gevind was, aangebied het om te help met die maak van die begrafnisbrief.

Jou stad, jou storie soos dit gebeur. Bly op hoogte met die jongste nuus met WITBANK NUUS,

Volg ons op  websiteFacebookX,  Instagram or TikTok

Epos: info@witbanknews.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button