Man sterf 5 dae na jonger broer noodlottig geskiet is tydens huisroof
Dirkie Steenkamp het vroeër die week ’n boodskap geskryf en gesê hy is nog steeds “lief vir hierdie land en sy ou Witbank”.
Dirkie Steenkamp is vanoggend oorlede, vyf dae nadat sy broer, Fransie, tydens ’n huisroof in Hoëveldpark doodgeskiet is.
“Ons is platgeslaan,” het die twee mans se pa, Francois Steenkamp, gesê.
Volgens Francois het ’n bloedklont deur Dirkie se long en hart beweeg, waarna hy in die vroeë oggendure oorlede is.
Dirkie is ernstig gewond tydens ’n huisroof op 5 September.
Francois het vertel ADT Sekuriteit hom net na 22:00 gebel het en gesê die alarm by hul huis in Paarlstraat het afgegaan.
Hy en sy vrou, Santa, het van Loskop af, waar hy aan die Loskop Classic deelgeneem het, teruggejaag huis toe.
Een van die vuurwapens wat tydens die Paarlstraat huisroof gesteel is, is vanoggend in Modelpark gevind.
— WitbankNews (@WitbankN) September 7, 2026
Lees meer hier: https://t.co/Ua6ahMHGB4#WitbankNuus #witbank #Modelpark
“Ek het vir Fransie gebel en hy het nie geantwoord nie. Toe ek vir Dirkie bel, het hy net oor die foon geprewel: ‘Pa, Fransie is dood…’”
Francois sê die rowers het toegang tot die erf verkry deur die slot van die hekmotor af te draai.
Hulle het die hek oopgestoot en daarna deur die agterdeur die huis binnegegaan.
Die rowers het volgens hom waardevolle items gesteel, waaronder die televisie wat van die muur afgehaal is, asook vuurwapens uit die kluis in die motorhuis.
Dirkie het later aan sy pa vertel dat Fransie gehoor het iemand is in die huis en die paniekknoppie gedruk het.
Lees meer Man doodgeskiet, broer ernstig gewond
Dit het glo die rowers laat skrik, waarna hulle begin skiet het.
Dirkie is twee keer in sy maag en twee keer in sy bene geskiet.
Fransie het die rowers agternagesit en is in die gesig en die maag geskiet. Hy is op die toneel dood.
Dirkie het na die motorhuis gekruip, die deur oopgekry en om hulp geskree.
Francois het vroeër die week een van die vuurwapens wat tydens die rooftog gesteel is, uitgeken nadat in ’n oop stuk veld in Modelpark gevind is.
Lees meer Gesteelde vuurwapen en karsleutels in Monastraat gevind
‘’n Persoon wat elke kamer gevul het”
‘n Boodskap is vanoggend op Curro Bankenveld, waar Dirkie die uitvoerende hoof was, gedeel.
Die skool het hom beskryf as ‘n persoon wat “elke kamer gevul het met sy persoonlikheid”.
Die skool het ook verwys na ’n boodskap wat Dirkie vroeër die week aangestuur het, waarin hy geskryf het: “Ek bly lief vir hierdie land en my ou Witbank.”
Een van die vuurwapens wat tydens die Paarlstraat huisroof gesteel is, is vanoggend in Modelpark gevind.
— WitbankNews (@WitbankN) September 7, 2026
Lees meer hier: https://t.co/Ua6ahMHGB4#WitbankNuus #witbank #Modelpark
Jou stad, jou storie soos dit gebeur. Bly op hoogte met die jongste nuus met WITBANK NUUS,
Volg ons op website, Facebook, X, Instagram or TikTok
Epos: info@witbanknews.co.za