Oom Karoolus en Lente bring groot vreugde na AGS Oasis
Jonk en oud het saam gesing en die teenwoordigheid van die Here in 'n feestelike atmosfeer geniet.
Die AGS Oasis-gemeente het op 13 September ’n feestelike oggend beleef toe Oom Karoolus en Lente die gemeente besoek het.
Die oggend was gevul met vrolikheid, lag en saamkuier, waartydens oud en jonk saamgesing en God se teenwoordigheid in ’n feestelike atmosfeer geniet het.
Die kerk en saal is met kleurvolle ballonne versier, terwyl lekkers, springmielies en spookasem vir ekstra opwinding gesorg het. Die kinders het dit terdeë geniet, maar die glimlagte en vreugde onder die volwassenes was net so opvallend.
LEES MEER: Ma beskryf Brandon se operasie as ’n wonderwerk
Die besoek het ’n geleentheid geskep vir die gemeente om as ’n familie saam te kom, pret te hê en die vreugde van saamwees te vier.
Pastoor Deon Scheepers het sy opregte dank uitgespreek teenoor almal wat die geleentheid moontlik gemaak, met die voorbereidings gehelp, dit bygewoon en ondersteun het.
LEES MEER: Steenkamp-moordopvolg: Gesteelde vuurwapen en karsleutels in Monastraat gevind
“Baie dankie aan elke persoon wat hand bygesit het om hierdie spesiale oggend moontlik te maak. Ons waardeer elkeen se ondersteuning,” het Scheepers gesê.
“Dit was wonderlik om groot en klein saam te sien sing, lag en die oggend te geniet. Ons glo dat sulke geleenthede help om brûe te bou en ’n gemeente te wees waar elkeen welkom is en deel van die familie voel.”




































































































































































Nocturne ladies recently came together for an uplifting monthly gathering filled with centred on faith and resilience.
— WitbankNews (@WitbankN) September 13, 2026
Read more here: https://t.co/dc2vDOyxY3#WitbankNews #eMalahleni #Nocturne
Your city, your story, as it happens. Stay in the loop with WITBANK NEWS.
Find us on our website, Facebook, X, Instagram or TikTok
Got a tip? Email: info@witbanknews.co.za
