CrimeLocal news

Steenkamp-moordopvolg: Gesteelde vuurwapen en karsleutels in Monastraat gevind

’n Vuurwapen wat aan Francois Steenkamp behoort, is vanoggend in ’n veld in Monastraat gevind.

’n Oop stuk veld in Monastraat was vanoggend ’n miernes van bedrywigheid nadat ’n vuurwapen wat Saterdagaand tydens ’n huisroof gesteel is, daar gevind is.

Nadat ’n tuinwerker laat weet het dat ’n vuurwapen in die veld gevind is, het SACCW se span die gebied fynkam.

Hulle het ook die gesteelde karsleutels gevind wat die diewe tydens die huisroof in Paarlstraat gesteel het.

Volgens Frik van Dyk van SACCW is daar ook koeëldoppies op die toneel gevind.

Francois Steenkamp het die vuurwapen en karsleutels as sy eiendom uitgeken. Dié pa het gesê sy seun, Dirkie, is steeds in die intensiewesorgeenheid.

“Dokters het die skade in sy buik reggemaak. Dit gaan onder omstandighede goed met Dirkie,” het Francois gesê.

Hy het ook gesê dat hy vandag sy ander seun, Fransie, se lyk moet gaan uitken.

LEES MEER: Man doodgeskiet, broer ernstig gewond

Fransie is op 5 September tydens die huisroof noodlottig gewond.

Die polisie se woordevoerder, AO David Ratau, het gesê hulle ondersoek ’n saak van huisroof, moord en poging tot moord.

Jou stad, jou storie soos dit gebeur. Bly op hoogte met die jongste nuus met WITBANK NUUS,

Volg ons op  websiteFacebookX,  Instagram or TikTok

Epos: info@witbanknews.co.za

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button