VLU Soirée hou algemene jaarvergadering
Wanneer die VLU se Soirée-tak saamkuier, is daar altyd baie pret en plesier.
Die dames van VLU Soirée het op 17 Oktober vir hul algemene jaarvergadering bymekaargekom. Nadat ’n nuwe voorsitter en ondervoorsitter verkies is, het hulle na ’n inspirerende praatjie deur Didi van den Bergh geluister.
Didi het oor die gee van jou tiende gepraat en die dames terselfdertyd herinner aan die belangrikheid daarvan om dankbaar te wees vir dit wat hulle reeds het. Haar boodskap het hulle aangemoedig om hul seëninge raak te sien en die waarde van vrygewigheid te onthou.
LEES MEER: Kunste vier hooggety in eMalahleni
Die oggend is afgesluit met ’n heerlike ete van hoenderpastei en slaaie. Dit was ’n aangename geleentheid met lekker kos en gesellige samesyn.
VLU-takke span kragte saam vir groei en gemeenskapsimpak. Witbank News het ‘n paar oomblikke vasgevang. Kyk hier na die foto’s: https://t.co/84xTG7JvjM
— WitbankNews (@WitbankN) October 26, 2026
Jou stad, jou storie soos dit gebeur. Bly op hoogte met die jongste nuus met WITBANK NUUS,
Volg ons op website, Facebook, X, Instagram or TikTok
Epos: info@witbanknews.co.za
