Opinion

Bo blink en onder stink

Maar nie een het van die roete afgewyk en die geagte parlementslede die ander kant van eMalahleni gewys nie.

Die munisipaliteit het vroeër die week rondgeskarrel na ’n foutjie van die premier se kant af.

Sy het tydens haar besoek aan eMalahleni verlede week aangekondig dat inwoners wat minder as R50 000 op hul dienste rekening skuld, afgeskryf gaan en dat almal dan op ’n nuwe leiklip kan begin.

Maar, die glipsie was baie groot en die premier staan nou rooi in die gesig want sy het nooit haar feite nagegaan nie.

Die stadsraad het met ’n inisiatief afgeskop en voorgestel dat mense wat agter is op hul dienste rekeninge kan kwalifiseer vir korting mits hul skuld nie R50 000 oorskry nie.

Dit bring my na die gesprek van die week en dit is of die mense in die gekose parlementêre posisies ooit regtig weet wat onder hulle aangaan?

Toe die parlement twee weke terug op ’n ‘roadtrip’ deur die stad gery het, is net die mooi netjiese plekkies vir hulle uitgewys.

Voor die besoek is die sypaadjies om die hoofpaaie vinnig skoongemaak, vullis is opgetel – ook net in die hoofstrate- en slaggate gevul.

Maar nie een het van die roete afgewyk en die geagte parlementslede die ander kant van eMalahleni gewys nie.

Iemand moes die belangrike groep mense net op een van die sektore se Whatsapp groepies geplaas het. Glo my hulle fone sou oortyd gewerk het.

Bo blink, onder stink. Hierdie sinoniem kry waarde hier in die Steenkoolstad.

Skaars ’n kilometer van waar die lang swart motors deurgery het is inwoners al dae lank sonder water.

Brommers hou makietie op die vullissakke wat op straathoeke ophoop terwyl mense in die Kaap smag na die water wat die slaggate in die stad vul.

In die land van blindes is eenoog koning.

As die gesiene parlementslede tog net weer kan kom kuier, maar die keer wil ek die toergids wees….

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button