BlogsEditor's noteOpinion

Vergange se dae

Een dag baie, baie, baie lank gelede was daar ’n pragtige dorpie. Die dorpie se naam was toe Witbank, vernoem na die wit sandsteen uitspanplek waar transportdrywers voorheen gerus het.

Baie besigheidsmanne het die potensiaal in die eens pragtige dorpie raakgesien en begin belê. Daar het so baie met die pragtige dorpie Witbank gebeur – so baie die dorpie kon skaars byhou.

Die dorpie het intussen uit sy nate gebars en ’n stad geword en toe sommer ook ’n naamsverandering ondergaan, vandag staan die stadjie bekend as Emmawillielênie.

Dis in elk geval ’n storie vir ’n ander dag, terug na die eerste storie toe.
Die dorpie se geskiedenislyn kan doer na die laat 1800’s toe getrek word, 1890 om presies te wees.

Op 13 Mei 1910 is die eerste dorpsraad verkies en op 8 November 1914 het die dorpie sy munisipale status verwerf. ’n Ene raadslid E.M. Goodwin was verkies as die heel eerste burgemeester. Ek glo hy het al menige maal om en om in sy graf omgedraai oor die toestand waarin die ou eens pragtige dorpie verkeer.

So is die eerste kerkgebou toe opgerig, die Katolieke Kerk wat tot vandag toe nog trots in Allenbystraat staan is in 1921 gebou. Net so om die draai van die kerk staan een van die oudste huise in Emmawillielênie, die huis wat in 1923 gebou is pryk in Plumerstraat 61.

Sover vasgestel kan word is die ou Barclaysbank gebou in Eadiestraat een van die oudste geboue in Emmawillielênie se ryke geskiedenis. Ek het gehoor die gebou is in 1907 reeds gebou.

Kan julle glo, volgens ’n verslag van die hoofverkeersbeampte van die stadsraad het 117 persone gedurende Februarie 1970 om bestuurslisensies aansoek gedoen. Van die totaal het 92 geslaag en 35 gedruip. Van die 137 kandidate wat aansoek gedoen het om leerlingbewyse is 106 toegestaan en 31 geweier.

“Ja” seg die Engelsman en hy kyk so deur die ‘eish’ in die glasie whiskey vir my. Al wat sy aandag van die hele gesprek getrek het is die hoeveelheid mense wat hul lisensies geslaag het.

“As daardie einste mense vandag hul liksensies moet doen sal hulle dit nooit slaag nie. Toe hulle vir hul liksensies gegaan het, was die paaie tien teen een stofpaaie. Ja, stofpaaie sonner een inkele slaggatjie.”

Dis toe ek so ’n skelm laggie moet onderdruk, want as ek eers moet begin met die stad se grootste gat geskiedenis sal die Engelsman meer as net ’n glasie Whiskey nodig hê want hy reken in Emmawillielênie word mense wat reguit bestuur gestop en getoets vir alkohol, want net mense wat onder die invloed ry kan reguit ry in die hoofstad van slaggate.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button