BlogsEditor's noteOpinion

Nig Nella kom kuier

Hoe vergelyk jy die mooie Kaap met Emmawillielênie.

Daar is net geen vergelyk nie, die skaal het Emmawillielênie té lig bevind en die Kaap wen loshande.

En julle wil seker weet hoekom ek die vraag vra, wel my Nig Nella, reg uit die hartjie van die Kaap, kom kuier en ek sit met my hande in my hare. Wat gaan ek vir haar gee om terug te neem en vir ander te vertel van ons Steenkoolstad.

Hierdie tameletjie is net té taai.
Dis die dat ek toe besluit het om te fokus op die positiewe en die negatiewe aan sy sterre te gryp en by die agterdeur uit te gooi.
Ek gaan vir Nig Nella wys hoe die massiewe yster-monsters diep binne in die aarde delf en grond opbreek op ons myne en swartgoud na die oppervlak bring.

In teenstelling daarmee gaan ek langs die pad stop en vir haar die eenvoud van ’n Kosmosblommetjie wys wat vir my en jou vertel, haal maar jou komberse uit, die winter is hier.

En as die son watertrek wil ek Nig Nella se asem wegslaan wanneer sy aanskou hoe die kleure aan die Hoëveld-horison verander wanneer die son met ’n breë glimlag oor die randjies verdwyn. Daar is net niks mooier as ’n Hoëveldse sonsondergang nie, geen skildery kan reg doen aan hierdie prentjie nie.

Nig Nella gaan ook ’n geskiedenisles ontvang, want ek wil haar gaan wys hoe die lyk die ou TD&B Colliery waar ’n bloedjong Winston Churchill, toe ‘n jong soldaat en joernalis, in een van die myn se skagte weggekruip het na sy ontsnapping uit Pretoria tydens die Tweede Vryheidsoorlog.

Tussen al ons draaie gaan ons verby Witbankdam ry. Ons het nou nie die see nie, maar ons het die grootste munisipale dam in die suidelike halfrond.

In plaas van die leeu van Leeukop wat oor Kampsbaai waghou, het ons Ol’Smokey wat oor die ou-Middelburgpad waak.
Ons het omgee-liefkry-mense hier in ons eie Emmawillielênie. Ek wens ek kon ons mense se harte vir haar oopsny dat sy kan sien, ons omgee-liefkry-mense se harte loop oor van ’n skatkamer verhale wat vertel van menswees en liefhê.

“I put it to you, my lady,” gooi die Engelsman ‘eish’ in die armbeurs en hy seg so droog soos my glas, “Ek dink ook ons spog met die toekenning vir die stad met die meeste slaggate per vierkante meter”.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button