BlogsEditor's noteOpinion

Bly ‘Mr Fix-it’ of nie?

Die vraag of die stad se administrateur, mnr. Theo van Vuuren ons gaan verlaat al dan nie, is een wat ons wil weet maar ook nie wil weet nie.

Die vraag of die stad se administrateur, mnr. Theo van Vuuren ons gaan verlaat al dan nie, is een wat ons wil weet maar ook nie wil weet nie.
Die realiteit is dat as Van Vuuren, of soos ons hom gedoop het, ‘Mr Fix-it’ sy tassies gaan pak dan sit ons weer net waar ons was voordat hy verlede jaar die leisels oorgeneem het.

Deur deeglike beplanning en strategie het ‘Mr Fix-it’ dit reggekry om die mislikepaliteit om te draai en weer op die regte pad te sit.
Alles is nie maanskyn en rose nie, want hoe op aarde gaan een mens dit regkry om alles wat jare gevat het om opgevoeter te word, in net 16 maande weer te ‘fix.’

Verlede week met die kragonderbreking wat meer as die helfte van die stad geaffekteer het, het ek en die Engelsman ’n kersie aangesteek, ’n knertsie ingegooi en gedebatteer oor die toekoms van ons stad.

Seg die Engelsman hy dink Eskom is nou mooi keelvol om te wag vir hulle geldjies dis hoekom die elektrisiteitsreus besluit het om die ligte in Emmawillielênie af te sit.

Omdat ek die week vroeër saam met die span van die mislikepaliteit was toe hulle onwettige kragtappery in Vosman aangespreek het, kon ek darem my gedagtes ook deel. ’n Derde van die mislikepaliteit se distribusie verliese kan in die informele nedersettings opgespoor word. Daar lê die elektriese drade soos saggekookte spaghetti sonder ’n romerige ‘Bolognaise’ sous oop en bloot in die stofstrate.

Een huis kan maklik 20 tot 30 ander huise van elektrisiteit voorsien. Die span het skaars die onwettige drade verwyder of iemand klouter weer op en binne ’n japtrap is die hele buurt weer van elektrisiteit voorsien.

Die keer kon ek darem vir die munisipale span opkom en iets positiefs sê.

Die elektrisiteit het ’n hele rukkie geneem om weer aan te kom, maar gelukkig was ‘Mr Fix-it’ gou op Facebook om ons op hoogte van die situasie te hou.

Party inwoners het die arme man lelik sleggesê en uitgekryt, ander soos ek en die Engelsman met ons knertsies in ons hande was maar al te bly oor die terugvoer.

Sug die Engelsman terwyl hy sy glasie volmaak,  “Emmawillielênie sonder ‘Mr Fix-it’ is soos sy whiskey sonder ‘eish’.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button