BlogsOpinion

‘Wa het jy jou license gekoop?’

Vroeër die week het ’n vrou uit ’n bewegende taxi gespring, nadat die se remme besluit het om nie verder te werk nie. Dis nou te sê as dit ooit gewerk het.

Vroeër die week het ’n vrou uit ’n bewegende taxi gespring, nadat die se remme besluit het om nie verder te werk nie. Dis nou te sê as dit ooit gewerk het.

Ek kan myself net voorstel hoe die vrou se hart vinniger geklop het, haar handpalms nat van die sweet en inmekaargevleg, sy het gedink sy gaan sterf.

Dis ’n algemene persepsie dat taxi bestuurders maniakke is wat die padverkeerswet geheel en al ignoreer.
Hulle is ’n gevaar op die pad.
Die hartseer van die situasie is dat hulle nie besef dat hulle 15 passasiers se lewens in hul hande hou nie.
Daar is 15 mense in daardie taxi. Daardie 15 mense is heel waarskynlik op pad werk toe, moontlik is hulle die enigste broodwinners.

Dis ’n groot verantwoordelikheid. Het taxibestuurders die begrip ooit begryp, ek glo nie.
Geld is die spil waarom alles draai. Hoe meer passasiers, hoeveel meer sente? Die prys is net té hoog, ’n lewe kannie met ’n paar rand vergelyk word nie.
Taxibestuurders is ook die oorsaak van hoë bloeddruk by talle ander padgebruikers.

Ek weet die Engelsman kan maklik van nul tot 1 000 rev as dit by taxi’s kom.
Jy moet net meer oplet na ander bestuurders se lyftaal en so kom jy gou agter hulle almal praat dieselfde taal.
Eerstens gaan die vinger op, dan keep die frons al dieper op die voorkop,. Daar word so effe vorentoe geleun op die stuurwiel en jy hoef nie lippe te lees om die woordelose boodskap te ontsyfer nie. Die ligte word nou geflits, dan weer die vingertaal, die woordelose gekruide woorde en net om die prentjie mooi af te rond vermeerder die motoris dan spoed om langs die taxi in te kom net om die hele proses van voor af te begin. Ek besef nou eers, ek het die Engelsman beskryf.

Maar ai die taxibestuurders is darem slim, veral hier in OR Tambo. Hulle ry tot by ’n vierrigting stop, skiet dan so effe links, ry om die verkeerslig voor aankomende verkeer in en jaag verder, dit terwyl jy nog by die rooi lig wag. Die ergste is wanneer hulle in die middel van die pad stop, noodligte aansit en passasiers laat opklim.
Die term padwoede is vir die eerste keer in 1994 in Londen gebruik. In 1997 is dit in die Oxford English Dictionary vervat en gedefinieer as ‘n gewelddadige woede wat veroorsaak word deur stres en frustrasie wanneer mense in swaar verkeer bestuur.

Is padwoede dus ’n toestand wat binne ’n kort tydperk aangewakker word deur onmiddellike situasies, of is dit woede wat tot uiting kom vanweë ’n opeenhoping van stresvolle situasies oor ’n langer tydperk?

Hier in Emamwillielênie hoef jy nie in drukverkeer te bestuur om padwoede te ervaar nie, ry net agter die naaste taxi.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button