
Sosiale media het in ’n ’n oorlog zone verander. Dit word koelbloedig.
Ek het die afgelope ruk op sosiale media platforms gaan rondkerjakker en geskok gelees hoe party mense gal braak en vuil wasgoed in die openbaar ophang en dit ten koste van ’n ander.
Ons reg om te kommunikeer, om inligting en menings te ontvang en dit te deel is ’n voorreg.
Ons is bevoorreg dat ons in ‘n tyd bly waar ons nie twee of drie dae hoef te wag vir die posman of telegramme om afgelewer te word nie,maar dat nuus vinnig versprei kan word. Inligting word binne ‘n paar sekondes versprei.
Maar sjoe party mense neem die voorreg darem baie ver.
Ek is sekerlik nie die enigste een nie, want as daar iets wat soos ’n debat lyk op Faceboek aan die gang gesit word is ek eerste op om te lees wat aangaan. Vergeet van die ‘Kardashians’, ‘Little women of LA’ en ‘Days of our lives’, hier is baie meer interessanthede in ons ou Steenkoolstad.
Faceboek profiele het die mense se maatstaf geword. .Hoe glansryker die foto’s, hoe eksotieser jou vakansies en hoe belangriker die mense saam met wie jy afgeneem word, hoe meer ‘in’ is jy.
En dan volg die kommentaar. Dit is also mense skielik meer braaf word en goed kwytraak waarvoor hulle nie die ‘guts’ het om vir ’n ander persoonlik te sê nie.
Wat het van menslikheid geword?
Ek begin dink ek ly aan FOMO (fear of missing out).
So tussen die krieket deur vertel ek vir die Engelsman van almal se doen en late. Sonder dat ons hoef te gaan kuier of bel weet ons presies wat al ons vriende besig is om te doen.
Tussendeur die kommentaar oor die lopies seg hy terloops, “Die woord ‘selfie’ is aangewys as Oxford University Press se woord van die jaar omdat dit die koelste gier van die jaar beskryf.”
Ek moes hom net been-voor-paaltjie vang, net om te wys dat sosiale media ook insiggewende nuus oordra.
Het julle geweet die woord ‘toep’ is die Afrikaanse woord vir ‘app’.
Dit het die debat aan die gang gesit vir nuwe Afrikaanse woorde, SMS- en Internet taal. Ek glo ek het die ‘over’ gewen met my foutlose Afrikaans, flaterwater (‘n mooi woord vir Tipex), plooipleister (’n oulike woord vir grimering wat oordadig aangewend word) en my gunsteling knater-flater (as ek nou sou vergeet om die Engelsman se ‘eish’ saam te bring).
