BlogsOpinion

Soen dat die spoeg so spat

Liefde is in die lug, en Kupido is besig om sy boog af te stof en seker te maak sy pyltjies is skerp.

Liefde is in die lug, en Kupido is besig om sy boog af te stof en seker te maak sy pyltjies is skerp.
Hou sosiale media gerus maar dop, alles verander nou in hartjies en soentjies en almal se ‘status’ verander na ‘in a relationship’ of dit nou ‘complicated’ is of nie almal is in een.
Ek het gaan ondersoek instel om uit te vind, hoe soen ’n mens nou eintlik. Is daar ’n regte of verkeerde manier van soen..

Nataniël het gesê tensy dit naby familie of ’n romantiese verbintenis is, beperk persoonlike kontak tot ’n handdruk. Die lewe is te kort en te gevaarlik vir al hierdie grillerige gelek, vryf, druk en soen.
Dit word toe die onderwerp terwyl ek en die Engelsman elkeen ’n koue drinkdingetjie geniet.
As jy iemand ontmoet en jou ‘harkie’ begin so vênnig klop kry jy hierdie onbeheerste gevoel om net ’n soentjie te steel.

Hier is ’n paar ‘tips’ om te help.
Leun so effe vorentoe, nie soos ’n ‘bulldog’ voor ’n kosbak nie. Jy moet nou diep staar in haar oë en stadig vorentoe beweeg. Vir nog so ’n sekonde lank, staar …. Dan soen jy. Maar wag boetie, nie te veel spoeg nie. Dié moet jy nou onthou, jy wil nie hê sy moet ’n ‘lifeguard’ nodig hê om haar van verdrinking te kom red nie. Ongelukkig weet ek nou nie hoe om jou te leer om te veel te spoeg nie.
Vat jou tyd boetie. Moenie dadelik wegtrek nie, jy soen nie jou ouma nie, man. Saggies, liefdevol en onthou min spoeg.
Trek nou bietjie weg, gee haar ’n kans om asem te haal, behalwe vir die ‘lifeguard’ gaan sy ‘CPR’ nodig hê as sy nie asem kry nie.

Dan begin jy weer …. So kan jy die hele aand aanhou, maar pasop haar pa hou julle dalk dop, jou lewe is in gevaar.
Ek draai om, om vir die Engelsman nog ’n whiskey en ‘eish’ in te gooi toe hy so ewe droog kommentaar lewer, “Voor ek jou soen skattebol, kan jy braai en karwas?”

Nodeloos om te sê as jy die Engelsman se woorde volg, gaan jy hierdie Valentynsdag baie eensaam wees ……

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button