BlogsOpinion

Dis nie jou skuld nie

Die pyn wat die verlies van ’n kind meebring, is onmeetbaar. Maar wat as jy jou kind ‘lewendig verloor’?

Die pyn wat die verlies van ’n kind meebring, is onmeetbaar.
Maar wat as jy jou kind ‘lewendig verloor’?

Die begrip ‘lewendig verloor’ is makliker om te verstaan as jy die omvang verstaan wat die dwelmprobleem in ons gemeenskap meebring.

Die dwelmmonster het sy lang tentakels in talle van ons jeug ingeslaan. Dwelmsmouse, die gesiglose moordenaars, wat die dwelmmonster vet voer is besig om families uitmekaar te skeur, dit het geen ras, kleur of taal voorkeur nie.
Dit saai ’n Tsunami van verwoesting en los stukkende kinders agter.
Die monster vat jou na wat jy dink is die hemel, net om jou genadeloos oor die afgrond in die hel in te stoot.
Ouers is net soveel die prooi as die kind wat probeer stoei om uit te kom net om meer verstrengel te raak in die web van leuens en diefstal.

Daar kom ’n tyd wat jy as ouer begin twyfel of jy nie die oorsaak van jou kind se dwelmverslawing is nie.
Ouers is slegs toeskouers wat sien hoe die dwelmhel hul kinders lewendig insluk. Deur van sosiale druk en aanvaarding te leer kan ons begin verstaan wat ons jongmense in die gesig staar.
Ouers kan nie met oortuiging sê hul bloedjies sal nooit weer dwelms gebruik nie. Ouers se vrese vlam op sodra hulle vreemde ‘vriende’ sien. Hul kinders se selfone word skielik vyande, as dit lyk of die kind effe ‘af’ is skop al jou sintuiein, want jy wonder wat volgende gaan gebeur.

Dit kan nie maklik wees om langs ’n hospitaalbed te sit en vir jou kind se lewe te smeek nie. Dit is nie maklik om daar weg te ry omdat jy ook ander verpligtinge het nie. Jy haat die dwelmsmous, jy haat die dwelmmonster, jy blameer jou kind vir jou trane, jou hartseer, jou wêreld wat skielik onderstebo geskommel is.

Ouers, werk eers aan jul eie herstel sodat julle sterk kan wees om julle stukkende kinders op te tel.
Om ’n pad te stap saam met iemand vir wie jy lief is wat aan dwelms verslaaf is, is nie maklik nie. Dit verg moed, wysheid, krag en genade van God. Dit het oomblikke van kwesbaarheid en pyn, maar bo alles sê dit baie vir die blote oorlewinggees wat ons as ouers het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button