BlogsOpinion

Rugbykoors

Het ek al vir julle vertel dat my Engelsman versot is op sport?

Het ek al vir julle vertel dat my Engelsman versot is op sport. Nou wel nie as ‘n deelnemer nie, maar as ‘n TV kyker. Ek moet byvoeg dat hy darem in sy fleur eenkeer saam met my by die eindstreep van die treinreis was toe ek ‘n onderhoud met die wenner gevoer het.

En ‘n koerant bestaan vir hom ook net uit die sportblad. Of die Guptas nou die reservebank gekoop het, Zuma as president bedank het of Isis die Eiffeltoring opgeblaas het, skeel hom min. Sy idée van nuus is watter spanne speel die naweek, wie vir die Springbokspan gekies is of wie die Curriebeker gewen het.

Ek weet dat hy lief is vir my, ek weet dat hy lief is vir rugby kyk op TV, ek weet dat hy lief is vir sy whiskey en ‘eish’ en ek weet dat hy lief is vir sy motorfiets. Wat ek nie weet nie is of sy prioriteite in bogenoemde volgorde is.

Naweke sal hy van voor die eerste rugbywedstryd voor die TV gaan sit en net opstaan as die ‘errie’ oor ons huis se dak gevlieg het. Dis dan wanneer hy sy eerste whiskey skink. Dan sal hy weer gaan sit en net weer opstaan vir ‘n ‘refill’.

En swaar om te glo, my Engelsman is ‘n Cheetah ondersteuner. En kan hy moerig raak as sy span verloor en so moerig dat jy met hom kan toor as sy span asgevolg van ‘n swak skeidsregter beslissings verloor. Soos ’n paar naweke terug teen die Sharks. Deesdae is hy byna pal so moerig dat jy met hom kan toor, want sy span is nie juis suksesvol hierdie jaar nie. Uitroepe van ‘Ref is jy blind!’ of ‘Ref jy mis ‘n goeie game!’ hoor ek deesdae gereeld.

Daarom was dit vir my snaaks om hom vandag, terwyl ek en hy saam rugby kyk, te sien glimlag, frons, glimlag, frons. Duidelik was sy aandag nie by die spel nie en toe ek hom oor die glimlag, frons, glimlag, frons vra toe verduidelik hy as volg.

Vanjaar reis Suid Afrikaanse spanne na Australia, New Zealand, Argentinië, Japan en Europa om rugby te speel, maar wat nou van die toekoms. As ruimtereisigers nou al ander planete besoek sal ons dan seker teen die een of ander tyd teen die planete se inwoners moet rugby speel. Dit is die rede vir die glimlag.

Wat my Engelsman pla en rede is vir die fronse, sê hy, is dat as die Springbok bus voor die J. Zuma stadium op Jupiter stop sal die spanlede se gemiddelde ouderdom ongeveer 80 jaar wees want ‘n reis van die aarde na Jupiter sal ongeveer 54 jaar duur.

En dan glimlag die Engelsman weer as hy sê ‘Victor, Bakkies, manne hou julle fiks.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button