BlogsOpinion

Vir Xavier

Hoeveel kos ’n arm en ’n been? Ek sal dit so waardeer as iemand ’n arm en ’n been in monetêre waarde vir my kan omsit.

Hoeveel kos ’n arm en ’n been? Ek sal dit so waardeer as iemand ’n arm en ’n been in monetêre waarde vir my kan omsit.

Dit lyk my, deesdae kos alles ’n arm en ’n been.
So gly my oë deur sosiale media inskrywings en lees ek ‘Is daar iemand wat my hare kan sny wat nie ’n arm en ’n been kos nie?’, ‘Het iemand vir my dit of dat of die ander wat nie ’n arm of ’n been kos nie?’

Daar haak ek vas en ek dink aan verlede Donderdagaand toe mense voor Life Cosmos Hospitaal bymekaargekom en vir die een maand oue Xavier Joshua Fourie gebid het. Xavier was besig om vir sy lewetjie te veg, voordat hy vroeër hierdie week oorlede is.

Xavier se mamma, Jeannine het gesê sy sal haar lewe gee sodat haar seuntjie gesond kon word. Nie ’n arm of ’n been nie, maar haar lewe.

Is daar enige formule om daardie waarde uit te werk?
Sonder dat hy weet het Xavier dit reggekry om meer as 2 000 mense saam te laat bid.

Onder die volmaan wat lyk asof dit waghou het die groep mense kerse aangesteek en begin bid. Rou pleidooie vir Xavier se lewe is deur die wind na God toe gedra. Sy alomteenwoordigheid het almal laat hoendervleis uitslaan.
Jeannine, ons weet nie hoekom God Xavier nie vir jou vir ’n leeftyd gestuur het nie. Ons weet nie hoekom Hy somtyds net engele aan ons leen nie. Ons weet Sy genade is groot en ons weet Hy het ’n plan vir elkeen van ons se lewe. Ons weet ons moet bid en glo. Al verstaan ons nie, ons weet ….

Xavier, ek weet nou hoe lyk ’n engel. Ek kan ook sê ek het God se liefde in daardie oomblikke van rou gebede my voel omhels.

Die klein engeltjie het almal se harte inmekaar gevleg en ons siele saamgesmelt.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button