BlogsOpinion

Tyd staan stil en dae maakie-sakie tydens vakansiedae

Blou Maandag is die dag na Sondag. Die dag dat alles mos verkeerd gaan.

Blou Maandag is die dag na Sondag. Die dag dat alles mos verkeerd gaan. In Emmawillilenie sal jy op so ‘n dag in die badkamer voor ‘n waterlose kraan staan en in die kombuis voor ‘n yskoue dooie stoof staan want oudergewoonte sal die water en krag af wees.

Die een kuiken kry nie haar een skoen nie. Die ander een wil hê dat jy sy onderwyser bel en se hy is siek. Hy het glo gedink dat die taak wat vandag ingehandig moes word, eers vir volgende week bedoel was. Nadat die kinders uitgesorteer is kan jy nou kantoor toe gaan. Maar jou motorsleutels is nêrens te vinde nie. Uiteindelik aan die spaarsleutel gedink. Kantoor, hier kom ek. Ook nie sommer nie. Die motor wil nie vat nie. Pap battery. ‘Boetie, kom stoot’ daar gaat jy. Reeds laat en nou is dit voet in die hoek. En sal daar wragtig nog ‘n ongeluk wees wat veroorsaak dat die verkeer ophoop. Teen ‘n slakkepas voort kruie. Na wat soos eeue voel is die vragmotor wat die ongeluk veroorsaak het in die truspieëltjie te sien. Die petrolpedaal word dieper getrap om verlore tyd in te haal. En dan, voor in die pad, ‘n verkeersman met sy hand omhoog om te wys dat jy moet stop. Nadat hy verduidelik het dat jy teen 90km/h in ‘n 60km/h sone gery het en vir jou ‘n R1 000 boetekaartjie gegee het, wens hy jou ‘n goeie dag toe.

Jy trek daar weg teen ‘n 100 km/h. By die werk is alles in ‘n warboel weens die kragonderbreking. Daar het die helfte van die personeel nog nie opgedaag nie, onder andere jou sekretaresse. Jy kyk op jou oorlosie. Dit is nou 08.01 Dus is daar nog 15 uur en 45 minute of nog 945 minute van hierdie dag oor. Jy kan maar net swaarmoedig sug en probeer om nie aan ander onheile te dink nie.

Ek kry die Engelsman bitter jammer hier waar hy so bedremmeld voor my staan. Vanoggend het hy opgestaan met die bedoeling om vandag rustig te vat. Met sy whiskey en ‘eish’ en water wou hy hom voor die TV gaan tuismaak om krieket te kyk. Maar die TV is morsdood en sy ‘eish’ in die yskas het verwater as gevolg van die kragonderbreking. Aan die TV kan hy niks doen nie maar ys kan hy by die kafee gaan koop. By die motor gekom, ontdek hy dat sy linkeragterwiel pap is. Hy moes eers die wiel vervang.

Smoorkwaad en met skreeuende bande trek hy weg. Hy is so boos dat hy skoon vergeet van die Emmawillielênie-embleem daar voor in die pad. Hy ry deur die slaggat en nog ‘n wiel in sy peetjie. Hy wil my motor leen om ‘n nuwe band te gaan koop. Maar die handelaars is toe want vandag is Sondag. Dit is hoekom ek hom so jammer kry. More is mos die eintlike dag, want more is eers blou Maandag.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button