BlogsOpinion

En daar gaat die krag toe

Ons onderwerp ons dikwels aan situasies waaroor ons geen beheer het nie.

Ons onderwerp ons dikwels aan situasies waaroor ons geen beheer het nie. Ons gedagtegang gaan oploop en die beheerkamer van ons menswees raak holderstebolder deurmekaar.

My gedagtes oor die mislikepaliteit , mnr. Fix-It en Eskom is ’n netwerk van informasie wat so ineengestrengel is, dat nie eers ek sin daaruit kan maak nie.
Dus gaan ek nou probeer om een vir ene te ontrafel.

Die mislikepaliteit is in my eie persoonlike opinie verantwoordelik vir die dilemma van kragonderbrekings.
Jare se onderhoud was net onder die mat ingevee, wanbetalers wat nie aan die boek gebring word nie en die mislikepaliteit se ratte wat nie werk nie is die rede hoekom ek nou saans eers na agt vir die Engelsman ’n lekker bord kos kan maak.

Wat my nog meer boos maak is hul mentaliteit van as jy agter is met jou diensterekening gee ons jou 50% afslag, maar wat van ons wat ons rekeninge klokslag elke maand betaal? Ek is nie tevrede met die 10% afslag wat ek eers volgende maand op my rekening aan sien nie. Dus is ek baie lus en betaal vir drie maande nie, so kwalifiseer ek vir 50% afslag.

Mnr. Fix-It word gedreig, gevloek … die arme man se ore tuit. Hoe dit ook al sy, dit is omdat wanbetalers nie aan die pen gebring word nie dat ons Eskom ’n biljoen skuld.
’n Goeie vriendin sê gereeld, ‘speel die bal, nie die man nie!’.

Ek probeer baie hard om die bal in die donker raak te sien, maar ek weet ook dis onregverdig om mnr. Fix-It te stenig omdat elke tweede ou nie sy rekening betaal nie.
Die mislikepaliteit moet sy ratte olie en begin om die boosdoeners aan te vat.
Ek stel voor dat skuldinvorderaars hulself gemaklik gaan maak in die volgende raadsvergadering en ’n paar idees deel hoe om skuld in te vorder.

‘Gee die keiser wat hom toekom.’ Die mislikepaliteit skuld Eskom ’n biljoen, nie ek nie. Hoekom gaan haal Eskom nie vir hulself ’n paar tafels, rekenaars, ’n stukkie grond of twee vanuit die mislikepaliteit se werf en delg so die skuld nie.

Maar hoe kan hulle klippe gooi, hulle skuld die mislikepaliteit net so baie.
Sosiale media is aan die brand met inwoners wat kla,ek is ook een van hulle.
Tog geniet ek die ‘stiltetjie’ elke aand tussen vyf en half agt. Dan gooi ons ’n wyntjie, ons gesels, en luister hoe die honde verder in die straat af blaf.

Skielik sien ons hoe die sterre een vir een skaam hul verskyning maak, hoor ons kuikens lag … daar is skielik kwaliteit-tyd wat hand aand hand met hierdie dilemma gaan.

In my stille enigheid hoop ek die krag bly elke aand ’n rukkie af, dis wanneer ek en die Engelsman reflekteer oor die lewe, die kommentaar op sosiale media, arme mnr. Fix-It, die kragreus en allerlei dinge wat ons dae beïnvloed.
En die Engelsman, hy het genoeg ‘eish’ aangekoop sodat sy glasie elke aand nog kan klingel wanneer hy sy Whiskey drink.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button