BlogsOpinion

#liefdebedekalles

Die debat oor die Adam-geslag en die hutsmerk #menaretrash het die tema van menige gesprek geword.

Die debat oor die Adam-geslag en die hutsmerk #menaretrash het die tema van menige gesprek geword.

Die debat oor die manlike en vroulike geslag is al eeue oud en ons weet vandag dat Evas met hul harte dink en Adams meer wetenskaplik ingestel is en dus meer logies dink. Evas, ons is ingestel op emosies. Adam julle wil alles met skroewe en hamers regmaak.

Om tot die begrip en aanvaarding te kom dat daar ’n groot verskil tussen Adam en Eva is, vereis ’n lang debat met genoeg drinkgoed en ‘eish’.

Kom ons begin heel aan die begin. Die opset is ’n grot, ’n klomp skreeuende bekkies, ’n vrou wat alles onder beheer probeer hou en die man wat honger bly.

Ons moet onthou, Adams is fisiek groter en sterker as ons Evas gebou. So hulle moet die kos voorsien. Daar vaar Adam die bosse in en Eva moet die nessie in stand hou. Daar was geen geboortebeperkings nie, daar was nie ’n supermark of apteek, ’n groentewinkel of slaghuis nie. Eva moes alles net maak werk, terwyl Adam is die veld rondkerjakker het op soek na voedsel.

Eva het ook nie ’n yskas, stoof, wasmasjien of mikrogolfoond gehad nie. Op primitiewe manier het sy haar kuikens gevoer, haar wasgoed in ’n nabygeleë spruit gaan was, vrugte in die veld bymekaar gemaak en soms dae selfs maande gewag dat Adam tuiskom. En as hy nou uiteindelik teruggekom het, het hy een sin geuiter, “Ek is honger!”
Eva, nou teen die tyd uitgehonger vir ’n bietjie geselskap, wil nou ook sommer vir Adam alles vertel. Ons moet onthou Adam het nie veel gepraat tydens sy jagtog nie, want die kleinste geluidjie kon die bok op loop jaag. Ek kan my net indink hoe verveeld moes hy sit en luister.

Maar deur die eeue heen het evolusie plaasgevind en het ons vandag supermarkte, slaghuise, yskaste en tuimeldroërs. Maar, dis waar die verskil nou weer duidelik deurkom.

Evas, ons almal weet dat wanneer ons vir ’n naweek weggaan begin ons al die vorige dag pak, maak seker al die plantjies het water, die honde en katte het oorgenoeg kos. Die oggend voor ons ry gaan ons ten minste drie keer deur die huis om seker te maak al die vensters is toe, die stoof is af, die deure word gesluit en die hekke is almal toe. Ons maak weer ’n draai by die hondehok om seker te maak Wagter het nog steeds genoeg kos en water. Op pad na ons bestemming warrel ons gedagtes rond en ons wonder of die stoof afgesit is. En Adam….. die is geïrriteerd omdat ons so lank vat.

Maar wanneer ons, ons eindbestemming bereik en hy ’n soetetjie voor my neersit en sy gebruiklike Whiskey en ‘eish’ skink kyk ek na hom en ek vergewe hom dat hy so ongeduldig vir my gesit en wag het. Dit is instink se skuld dat ons so lank vat om in die kar te kom, en dis instink se skuld dat hulle net die tasse in die kattebak laai. Onthou hulle voorvaders het net gaan jag ….. hulle moet net die tasse inlaai.

Op die stelling #menaretrash is daar vroue wat van mening is dat mans net genoeg is om die ‘trash’ uit te vat. Vir my beteken dit dat ons land ’n baie groot sosiale probleem het. Ek is een van die gelukkiges wat my sielsgenoot gevind het. Al brom hy baie en wag geïrriteerd dat ek seker maak die stoof is af, en raak ietwat ‘ongeskik’ wanneer hy rugby kyk en ek wil gesels bly hy nog dierbaar.

Dus dink ek ons moet ’n paar nuwe hutsmerke begin, #liefde #mymanisdierbaar #mynekankook #respek #eishjyisoulik.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button