
Eerstens wil ek net groot dank rig aan Witbank Stadsraad vir die twee spoedhobbels in eMalahleni wat wel opgerig was (nog nie self gesien, net van gelees in koerant).
Ek probeer my uiterste bes om ’n spoedhobbel/wal opgerig te kry in OR Tambostraat. As gevolg van wetlike aspekte neem dit tyd. WITBANK NUUS het al voorheen verwys na OR Tambostraat as die “pad van die dood.”
Slaggate/elektrisiteit/waterprobleme is nie die enigste groot kommerwekkende probleem tans in eMalahleni nie.
Groot hartseer heers vandag in baie huishoudings as gevolg van geliefdes wat gesterf het op die paaie van ons dorp, as gevolg van spoed en padgebruikers wat die reëls van paaie nie gehoorsaam nie. Sommige padverbruikers slaan glad nie ag op die spoedgrens en padtekens op ons paaie nie, en dit hou groot gevaar in vir ander padgebruikers, sowel as voetgangers.
Aangesien daar ’n tekort aan verkeersbeamptes in eMalahleni is (volgens die verkeersafdeling), moet alternatiewe oplossings gevind word om nie-gehoorsame padgebruikers te dwing om by die padreëls te hou… en daarom voel ek baie sterk oor spoedhobbels.
