LettersOpinion

Dankie na basaar

Die basaar wat SAVF Immergroen Huis vir Bejaardes op Vrydag 7 Maart gehou het was tot ’n groot mate vir ons ’n sukses gewees.

Ondanks die slegte weer, was daar tog heelwat ondersteuning en het ons die baie verdienstelike en welkome bedrag van
R52 754.45 ingesamel.

Heelwat instansies was betrokke by ons stalletjies en was verantwoordelik vir die voorsiening van pannekoeke, poeding, worsbroodjies, hamburgers, koeke, afval, ensovoorts. Ons besef dat almal lank beplan en hard gewerk het sodat elkeen sy eie produk kon voorsien. Ons waardeer dit regtig baie en besef wat dit alles verg om in u eie tyd al hierdie voorbereidings aan te gaan.

Elke persoon wat die basaar kom ondersteun het en iets gekoop het, wil ons ook bedank vir die waardevolle bydrae. Dit was vir ons lekker om te kon sien hoe ou vriende lekker gesels – die gesels en eet is immers die doel van ’n basaar.

Bestuur het besluit dat die inkomste uit die basaar aangewend gaan word om ’n industriële kantsnyer aan te koop, asook ’n televisie-tafeltjie en dringende mediese toerusting. Die res van die geld gaan ons aanwend om ons Chroomsaal op te gradeer.

Ons beoog om die muur- en vloerteëls te vervang, asook die verstopte gegalvaniseerde waterpype.
Hierdie verbeteringe moes lankal gedoen gewees het, maar as gevolg van die gebrek aan geld kan ons nou eers daaraan aandag gee.

Nogmaals baie dankie vir elkeen se betrokkenheid en ons vertrou dat ons u weer volgende jaar sal sien.
Vir enige navrae of  bydraes, kontak die bestuur van Immergroen: 013 690 2793/4.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button