
Ek is mal oor motorfietse en was self ‘n motorfietsryer. Orals waar mens gaan word mens gereeld herinner – ‘Think Bike’.
Kan ons nie ook die motorfietsryers herinner en vra ‘Think Car’ nie? Ek dink hulle het ook ‘n verantwoordelikheid om hulself sigbaar te maak vir motoriste, menende dat hulle hul hoofligte moet aansit, dag of nag. Dit was mos altyd so gewees. Ek het gistermiddag amper ‘n man van sy Harley af gery.
Mens hoor die motorfiets en gewoonlik kyk ek dan in my spieëltjies en om my, waar is daai motorfiets……….As mens die lig kan sien weet jy mos dadelik waar die motorfiets is en dan maak jy pad, of gee pad of bly waar jy is sodat die motorfiets kan verbykom. Maar as jy net die motorfiets hoor en nie kan sien nie, gebeur ongelukke ongevraag en soos gewoonlik word die motoriste beskuldig.
Gisteroggend om en by 06:30 kom ‘n motorfiets met een hengse spoed in OR Tambostraat af, hy vleg deur die verkeer en oor robots, maar hy het nie ‘n hooflig aan nie, netsowel kon iemand voor hom ingedraai het by die pyltjie. Ek vind die motorfietsryers deesdae baie onverskillig wat dit betref. Hulle stel hul eie lewe en ook ander padgebruikers se lewens in gevaar.
