LettersOpinion

Wat is die doel van stop misdaad?

Ek het hulp nodig, want ek verstaan nie meer mooi wat die doel van die polisie se STOP MISDAAD afdeling is nie.

Volgens my interpretasie is dit mos nou juis om misdaad te stop.

Saterdag 24 Mei so om en by 10:00 is ek na ’n apteek in Klipfontein om voorskrifmedisyne te gaan afhaal.
Toe ek parkeerplek soek merk ek op en hoor ek baie duidelik dat daar ’n wilde partytjie aan die gang is in die parkeerarea. Die voertuig se agterklap is oopgemaak en die musiek blêr dat jy dit wie weet waar kan hoor.

Terwyl ek by die voertuig verbyry merk ek op dat daar drie mans en een dame met drank in hulle hande is wat dit sommer net daar in die parkeerarea uitkap.

Om te drink in die openbaar word volgens my kennis nie toegelaat nie en ek skakel Witbank Polisie en rapporteer dit.
Terwyl ek staan en wag vir die polisie om op te daag merk ek op dat daar ’n polisievoertuig wat Stop Misdaad gemerk is by die parytjiegangers stop en met van hulle gesels. Na die lekker geselsie en saamlag vertrek die voertuig, sonder om enige aksie te neem.
Net hierna toe daag die polisie se vangwa wel op en ek verduidelik hom toe waar om die jolige groep in die hande te kry.

Die vangwa het naby die groep gestop en die jolige groep is stil gemaak. Die groep is in die vangwa gelaai en ek is toe in die apteek in. Die volgende moment is die polisielid by my om te kom rapporteer dat die mense nou weg is.

Ek het gaan kyk en opgemerk dat die groep se voertuig ook weg is.
Nou het ek die volgende vrae. Is die stop misdaad personeel nie veronderstel om juis hierdie soort gedrag te stop nie? Hoe kan die polisie die bestuurder en sy mede partytjiegangers toelaat om met die voertuig te ry, terwyl hulle self gesien het dat die mense besig was om alkoholiese verversings te neem?

Hierdie mense is mos nou juis ’n gevaar vir ander padgebruikers.
The Witbank Police Station commander, Brig S Cele requests the public to address any misconduct of police members to him personally so that a statement can be obtained from the complainant.

An internal investigation will be conducted to determine if any misconduct occurred.
Police members who do not uphold the code of conduct of the police will be reprimanded through the departmental procedures of the police.

The police however can not investigate allegations without specific information on incidents for example registration numbers of vehicles or the names of police members involved.

The Brigadier can be contacted on 078 121 6626.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button