LettersOpinion

Dankie Midbank Busdienste

Die afgelope naweek, 15-17 Mei was die ‘Two cowboys’, die ‘Rocker’, die ‘Funny man’, die ‘Laaitie’ en die ‘Lady’ weer op die pad.

Hierdie keer na Bloemfontein en Kimberley optredes en ons is dankbaar om te kan sê ons het volgepakte sale tegemoet gery.

Graag wil ek baie dankie sê aan Midbank Busdienste vir die borgskap wat hulle aan ons toegestaan het vir hierdie lang pad.

Die kunstenaars, Billy Forrest, Bobby Angel, Dennis East, Eddie Eckstein, Esmond en Dalene kon danksy Midbank Busdienste agteroor sit en ontspan omdat ons in veilige hande was met u bus en busbestuurder, oom Ben.

Ons is werklik baie dankbaar vir die geleentheid wat u vir ons gebied het met hierdie borgskap.

Namens myself, as die kunstenaars se bestuurder, asook al die kunstenaars, spreek ons, ons opregte dank uit.

Baie dankie Midbank Busdienste, dit was voorwaar ‘n voorreg om in u bus te kon reis.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button