LettersOpinion

80 en steeds pragtig

Margaret Claassen het op 31 Augustus 80 jaar oud geword en met ’n lekker partytjie bederf wat deur haar kinders en kleinkinders gehou is.  

Margaret Claassen het op 31 Augustus 80 jaar oud geword en met ’n lekker partytjie bederf wat deur haar kinders en kleinkinders gehou is.  Sy is die afgelope 46 jaar ’n inwoner van eMalahleni.

Margaret is gebore in die Paarl, Kaapstad in 1934 en het in Jan van Riebeeck skool gegaan.  Sy is getroud met Johan Claassen wat in die jaar 2002 oorlede is.  Margaret is 16 jaar ’n inwoner van Edenpark aftree oord. Sy is baie betrokke by die aktiwiteite wat by Edenpark aangebied word.

Op 80 gee sy steeds oefeninge, en nie sommer enige oefeninge nie, hulle oefen met twee liter leë koeldrankbottels wat vol sand is.  Sy is jonk van gees en drink omtrent geen medisyne nie.

Ons wil dankie sê aan ons  Hemelse Vader dat Hy haar solank vir ons gespaar het en dat sy so ’n goeie gesondheid het.
Margaret het drie kinders, 11 kleinkinders en nege agterkleinkinders.

Ons wil haar net alles van die beste toewens en dankie sê vir al haar liefde en geduld deur die jare.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button