HOëRSKOOL Alberton is baie trots op hulle matrieks van 2015.
Die skool het ’n 99.1 persent slaagsyfer behaal en 96 persent van die matrieks het vir verdere studies gekwalifiseer. Hoërskool Alberton spog reeds vir die afgelope 10 jaar met ’n slaagsyfer van 98 persent of meer.
Die toppresteerders vir 2015 is: Dané Morris en Jeandré Peach met ses onderskeidings elk, Marnus van Rheeder-van Outshoorn en Jeané van Schalkwyk het altwee vyf onderskeidings los geskryf en Mariska Eichstadt en Eduan van Niekerk het beide vier onderskeidings behaal.
WELGEDAAN: Jeandré Peach het ses onderskeidings los geskryf.
VYF IN DIE SAK: Marnus van Rheeder-van Outshoorn het vyf onderskeidings verower.
MOOI SO: Jeané van Schalkwyk het vyf onderskeidings ontvang.