WENSPAN: Die o.11A-span is voor: Jané Mulder, Erin Pieterse en Zanique Swanepoel. Agter: Crystal Butler, Charissa Botha, Rioné Bole, Adri van Heerden (afrigter) en Marleen van der Merwe.
*Foto verskaf.
NETBAL het koning gekraai met Laerskool Randhart se netbaldogters wat eersteklas vertonings gelewer het.
Die skool het weereens ’n uitstekende seisoen beleef met nie minder as sewe spanne wat gekroon word as wenners in die Ekurhuleni Superliga nie.
Drie van die sewe spannetjies wat nog nie op hierdie bladsye gepronk het nie is die o.10B, en die o.11A en C spanne. Die skool wens hierdie dogters en hul afrigters ook geluk met hul puik vertonings gedurende ’n skitterende seisoen.
BOBAAS NETBAL: Die o.10B-span is voor: Danielle Rosslee, Nadine Putter en Dioné Korff. Agter: Elzanzé Kühn, Irma Venter (afrigter) Kaylee Willemse, Calista van Rooyen en Zaskia Swanepoel.
*Foto verskaf.
TROTSE WENNERS: Die o.11C-span is voor: Jaycey Fourie, Karla Jansen, Elzanne Nieuwoudt en Jolanie Wessels. Middel: Abigail Kock, Neja Botha en Callia le Roux. Agter: Marie du Plessis (afrigter), Euné Nel en Jade Niemandt.
*Foto verskaf.