TWEEDE: Die Randhart seuns se o.10 landloopspan (van links): Darius Haasbroek, Caleb Short, Ethan Murrat en Wian Steenkamp. Darius kry ‘n goue medalje as wenner van die wedloop
.
DIE langasems van die Laerskool Randhart het onlangs, tydens ‘n landloopkompetisie, stof in hul opposisie se oë geskop.
Op 13 Augustus het Laerskool Randhart aan die Super 12 landloopkompetisie by Konkakampe, in Rustenburg, deelgeneem.
Aan die einde van die dag het die seunsspan as wenners uit die stryd getree en die dogtersspan het algeheel derde geëindig.
Die Laerskool Randhart het dan ook algeheel derde op die dag geëindig.
TWEEDE: Die Randhart o.13 landloopspan (van links): Gerhard le Roux, Corné Jansen, Dian Mulder en Marnu Vermaak. Dian verower ook ? derde plek in die wedloop.
EERSTEPLEK: Ranties se o.9-span (van links): Xavier Swanepoel, Juan Korsten, Jayden Middleton en Ruan Mulder. Ruan behaal ook ‘n derde plek in die individuele kompetisie.
TWEEDE: Jean Adendorff, Kevin van Zyl, Jayde Roslee en Ruben Haasbroek behaal silwer medaljes binne spanverband, terwyl Jayde algeheel tweede eindig, in die seuns 0.12-afdeling.
SPANWENNERS: Randhart se meisies o.13-span (van links): Deneke Snyman, Bóchul? Swanepoel, Louise de Villiers en Bernedette Wilson. Bernedette verower dan ook ? silwermedalje vir haar tweede plek in die wedloop.