Brandpunt se September wenners
Elsa van Dyk is aangewys as die senior klubwenner by Brandpunt Fotoklub vir September met haar wenfoto Glass Ball and Forks.
Die junior wenner was Nick van der Mescht met sy portretfoto Maestro Solo.
Brandpuntfotoklub ons is ’n klub vir fotografie-entoesiaste in Alberton en omgewing. Hulle is ’n jolige groep mense met ’n passie vir fotografie. Of jy dit doen as ’n stokperdjie, en of jy al ’n gesoute fotograaf is, hulle bied iets vir almal.

Brandpunt vergader een maal per maand, die tweede Maandag by Alberton LewenSentrum, en tussendeur reël hul lekker uitstappies. Bywoning by die klub en uitstappies is altyd uit vrye keuse. Gedurende inperking is vergaderings op Zoom.
Besoekers is altyd welkom en as jy belangstel om aan te sluit kan jy gerus eers so een of twee klubaande bywoon om te sien of jy daarvan hou.
Vir meer inligting skakel die Sekretaris, Johan Potgieter by 082 808 0302 of stuur ’n e-pos aan oubene@gmail.com



