Local news

Sluit aan by Emmanuel se volgende byeenkoms

Jy is nooit te oud om pret te hê by die Emmanuel-groep se maandelikse byeenkoms nie.

Die Emmanuel-groep het weereens ‘n feestelike geleentheid bygewoon waartydens Matt Stern opgetree het.

Hy het sy stempel afgedruk met musiek uit die Elvis Presley era en ook die gehoor betrek deur hulle van die liedjies te laat saam sing. Hy tree ook op in samewerking met Avbob. Marie O’Neill, verteenwoordiger van Avbob het ‘n kort aanbieding gedoen oor begrafnis versekering.

Na die optrede het die lede weer lekker saam gekuier met eetgoed, koffie en tee.

Die volgende byeenkoms sal plaasvind op die 16 Mei by die Alberton LewenSentrum in Meyersdal om 09:30 vir 10:00. Die gaskunstenaar wat sal optree is Nico Booijse.

Geen ledegeld word gevra nie, maar daar word wel donasies gevra waamee die kunstenaar vergoed sal word. Bring gerus ‘n bordjie eetgoed saam.

Vir verdere inligting kontak vir Marelie Rabie by 082 462 8676.

Related Articles

 
Back to top button