Festa Florentia is een groot fees
Albertonners word genooi om die feesviering van Festa Florentia saam met die Nerderduits Hervormde Kerk te kom geniet.
Op 31 Julie en 1 August vier die kerk 80 jaar saam in geloof met aktiwiteite vir jonk en oud en soos altyd lekker kos na almal se smaak.
Feesvieringe begin op 31 Julie vanaf 14:00 tot laat en op 1 Augustus vanaf 09:00 tot 14:00 by die kerk in 2de Laan 28, Florentia.
Botter tree op as gaskunstenaar en vir jong klomp wag daar springkastele, gesigverf en baljaar.
Vir die wat honger is, sal daar meer as genoeg wees om te eet. Kom smul aan pannekoek, jaffels, kerrie en rys, boereworsrolle, betkoek, Yankies, rooster hoenders en maak gerus ‘n draai in die teetuin en watergat.
Dan is daar natuurlik ook die snuffeltafel met allerlei geskenkies. Moet nie die feesvieringe misloop nie.



