EntertainmentLifestyleLocal newsNews

Stadsboer skiet R50 000 musiek video in Northmead

Goeie musiek, 'n musiekvideo konsep en 'n vervaardiger...

Dis die elemente wat dit geverg het om een van 10 kunstenaars of groepe te wees wat ‘n R50 000 musiek video skiet te wen in die KykNet Musiekvideoprojek (MVP) kompetisie, en ook die elemente wat kommersiële pop/rock groep Stadsboer loshande na die tafel toe gebring het.

Vriende Michelle Matthews (hoofsangeres en kitaarspeler), Rhyno Haywood (hoofkitaarspeler), Ruan Hoffman (hoofsanger en kitaarspeler), Sticker Smit (dromme) en Riaan (Smiley) van Dyk (baskitaarspeler) maak al vir vier jaar lank saam musiek.

Die groep het op Sondag, 9 Februarie, tot en met na middernag, hul musiekvideo in Northmead geskiet en was nogsteeds spontaan, humoristies en vol lewe toe die City Times die volgende dag met hulle ‘n onderhoud voer.

Om vir die kompetisie in te skryf, moes Afikaanse kunstenaars en groepe in Suid-Afrika ‘n liedjie in skryf, gesamentlik met ‘n gepaste idee vir ‘n musiekvideo daarvoor.

Stadsboer het twee van hul liedjies ingeskryf, waarvan “Meer as Genoeg” ‘n wen-indruk, tussen name soos Van Coke Kartel, Jack Parow en Jan Blohm, gemaak het.

Die groep het hul eie klank en beligting engineer, Vincent Joubert, vir die klankopname gebruik, en Pilot Films het die video geskiet.

Ruan het verduidelik dat die tema van die musiekvideo oor liefde wat meer as genoeg is handel.

“As jy niks anders meer het nie, sal dit jou deur trek,” is die boodskap wat dié uitbeeld.

“Die ‘look’ en ‘feel’ van die video is baie ‘vintage’,” het Michelle dit beskryf.

Die video speel in ‘n primitiewe huis in Northmead af en handel oor ‘n jong paar, wie die haakplekke wat lewe na hul toe gooi, deur middel van liefde oorkom.

Die groep is dankbaar vir Mary-Sue Morris, wie hul gremering en kleredrag hanteer het.

Die musiekvideo word in April deur KykNet, in samewerking met Neumetro, bekendgestel.

Michelle vertel dat die skiet vinnig en vlot verloop het, aangesien die twee akteurs, Rynard en Jasmin, baie goed saam gewerk het, omdat hulle werklik ‘n paar is.

“Die ‘shoot’ was ‘n ‘amazing experience’,” het sy vertel.

“As ons nie voor die kamera was nie, was ons agter hom om te kyk hoe hulle dit doen — dit was rerig n belewenis.”

Die groep is nederig en meen dat hul inspirasie vir liedjies sommer kom wanneer hulle saam kuier.

Hulle harte ryk ook uit na ander en hul gee dus 10 persent van die fondse wat hul by “gigs” maak aan welsynsorganisasies.

Hul advies aan ander jong kunstenaars, wie ook hul drome wil beryk, is om deur te dring.

“Dis nie net ‘n droom nie — dit vat harde werk,” het Ruan gemotiveer.

Al spandeer die lede van Stadsboer baie tyd saam, meen hulle dat hulle nie juis vassit nie.

“Die band is die liefdevolste wat jy sal kry,” het Sticker gesê.

Hulle slagspreuk is “Let go and let God”, en Michelle meen dis wat hulle by mekaar hou.

“Jy moet ook verstaan waar die ander persone vandaan kom,” het Rhyno bygevoeg.

Stadsboer sal Vrydag, 28 Februarie, by Gig Tyd, in Boksburg, optree.

Om meer van die groep uit te vind, volg hulle Facebook blad op Stadsboer ons Plekkie, waar hulle ook persoonlik met hul aanhangers verkeer.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Benoni City Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button