GALERY: Senior burgers geniet volkspele optrede
Die doel van die optrede was om die inwoners van die Witfield Park Aftree-Oord te bederf.
Lede van die Inspan Volkspelelaer gaan vir so lank as wat hulle kan aanhou volkspele beoefen.
Dit is volgens Stiaan van der Walt, voorsiter van Inspan Volkspelelaer.
Hy het met die Boksburg Advertiser gesels na afloop van die optrede by die Witfield Park Aftree-Oord wat Inspan georganiseer het.
Van der Walt het verduidelik die doel van die optrede was om die inwoners te vermaak en bederf.
Lede van Inspan is bygestaan deur volkspelers van laers van Pretoria, Germiston en Alberton en het gedans op liedjies soos Afrikaners is plesierig en Die Oukraalliedjie, wat die inwoners geniet het.

Na afloop van die optrede het Inspan ook ‘n roomys en koffie aan die inwoners uitgedeel.
Van der Walt het die oggend as ‘n sukses beskryf.
“Dit was ‘n lekker samesyn en die gees was daar.”
Inspan kom Dinsdae om 19:00 by die Witfield Park Aftree-Oord byeen.
Vir meer inligting, kontak Marita van der Walt by 074 116 5497.
LEES OOK: Brandwag leerling die fikste tiener in die land
LEES OOK: KYK: Skool gee die geskenk van lewe
















