EntertainmentLocal newsNews

Is jy die volgende Klankbaan kampioen?

Inskrywings is nou oop vir die musiek vasvra program.

Is jy die koning van musiek vasvra? Kan jou kennis jou geld in die sak bring?

Skyf nou in vir die vierde sesoen van Klankbaan en staan ‘n kans om mee te ding vir die moontlikheid om R75 000 te wen.

Los gebaseer op die suksesvolle Noot vir Noot-reeks, moet drie deelnemers saam werk en hul kennis inspan om musikale vrae te beantwoord en so ook hul rande en sente te bank.

Mark Reuben van CoolerBox Brothers, produksie maatskappy en kreatiewe agentskap, verduidelik dat die deelnemer wat die minste geld bank word in die tweede rondte uitgeskakel.

“Gedurende die laaste rondte voer ‘n populêre Afrikaanse musikant ‘n medley waartydens die deelnemers die liedjies uitken,” het hy gesê.

“Die wenner van die laaste rondte kan dan kies om die geld in hul sakke te steek, of om gedurende the volgende rondte verder mee te ding. Deelnemers staan dan die kans om in die 13 episode ‘n total van R75 000 te wen.”

Verfilming van dié opwindende reeks sal van Februarie 26 tot 28 in Benoni plaasvind.

Die finaal word op Februarie 29 opgeneem.

Vir meer inligting of inskrywings, WhatsApp 067 737 9807.

LEES OOK: Plaaslike sangeres hoop haar nuwe enkelsnik raak mense

LEES OOK: KYK: Appel sorg vir aand om te onthou

   

Related Articles

Back to top button